Van de Poll Huis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Van de Poll Huis bied selfsorgverblyf in die bekoorlike dorp Dullstroom in Mpumalanga.

Die verblyf bestaan uit 4 slaapkamers, 4 badkamers, en 'n oopplan-leefarea met 'n kaggel en 'n kombuis. Elkeen van die slaapkamers het 2 driekwartbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort.

Al die beddens het elektriese komberse en daar is paneelverwarmers in al die kamers asook haardroërs. Badhanddoeke word voorsien. Daar is 'n TV met DStv en 'n alarm met sekuriteitseine buite.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas, gasstoof, elektriese oond, ketel, elektriese braaipan en 'n mikrogolfoond. Ekstra geriewe sluit 'n ruim, beskutte stoep, buitebraai en veilige parkeerplek in.

Van de Poll Huis is troeteldiervriendelik en bied gratis verblyf vir kinders tussen 0 en 3 jaar.

Doendinge in die omgewing sluit perdry, visvang, voetslaan, voëlkyk en kunsvlieghengel in.

Slaapplek

'n Bespreking by Van de Poll Huis sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Van De Poll Huis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 000 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za