Van Riebeeck Chalet

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Van Riebeeck Chalet bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n tweeslaapkamerhuis in 'n kompleks in Melkbosstrand. Van Riebeeck Chalet is 'n tipiese gastehuis met 'n lang stoep wat 'n gedeeltelike uitsig oor die Atlantiese Oseaan en die wit strand het.

Dié huis beskik oor 2 slaapkamers, 'n badkamer met 'n stort, 'n aparte gastetoilet en 'n oopplan-kombuis, -sit- en eetarea, asook binnebraaigeriewe vir die kouer dae. Elke kamer het 'n dubbelbed en beddegoed en badhanddoeke word voorsien. Daar is 'n ekstra dubbel- en enkelmatras vir kinders. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolf en 'n eetkamertafel met stoele toegerus. Die oopplan-leefarea het 'n tafel met stoele en die sitarea het 'n klein platskerm-TV. Gaste kan hul eie flieks, speletjies of televisieprogramme bring om te kyk. Daar is nie WiFi nie, maar daar is wel 'n internetstokkie waarop data gelaai kan word.

Die huis het 'n stoelhyser na die boonste verdieping waarvan bejaarde gaste gebruik kan maak. Daar is ook 'n toesluitmotorhuis met 'n ekstra stort. Die kompleks is gerieflik binne loopafstand vanaf die strand wat baie gewild onder vlieërbranderryers is. Die kompleks is ook stapafstand vanaf 'n MyCiTi-bushalte.

Slaapplek

'n Bespreking by Van Riebeeck Chalet sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 3 kinders
1 x Kindermatras vir 1
1 x Kindermatras vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Van Riebeeck Chalet gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za