Bettysbaai Akkommodasie by Vaya con Dios | LekkeSlaap
+69

Vaya con Dios

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Highlevel-weg 2903, Bettiesbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 495 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Vaya con Dios is 'n moderne vierslaapkamerhuis wat uitkyk oor Jock se Baai en aan UNESCO se 100 000 hektaar-Kogelberg Biosfeerreservaat grens.

Dié huis is te midde van hektaar ongerepte fynbos teen 'n berghelling geleë en bied see-uitsigte vanuit elke vertrek. Die 4 slaapkamers is smaakvol ingerig en beskik oor dubbel-, koningin- en koninggrootte-beddens. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer. Die badkamers het elkeen 'n bad of 'n stort. Daar is ook 'n privaat buite-bad en -stort.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n mikrogolfoond, stoof, oond, yskas, ysmaker en koffiemasjien. 'n Wasmasjien en skottelgoedwasser is ook beskikbaar. Daar is 'n wyn-yskas en 'n vrieskas in die motorhuis wat vanaf die huis bereik kan word.

Gaste kan maaltye in die eetarea nuttig of in die woonkamer ontspan waar die groot binne-braai ook as kaggel dien. Netflix is ingesluit en toegang tot onbeperkte WiFi. 'n DStv-skottel en koppelpunt is beskikbaar. Die huis beskik oor 'n kluis vir waardevolle artikels en 'n alarmstelsel met 24 uur-gewapende reaksie.

Daar is ook 'n eetarea op die stoep met ingeboude braaigeriewe en 'n uitsig oor die baai. Die derde braai-area agter die huis teen die berg is meer privaat. Geniet gerus 'n skemerkelkie op die stoep en kyk hoe die meerkatte in die fynbos speel, verlustig jou in die sosondergange, en as die seisoen reg is kan jy selfs walvisse in die oseaan gewaar.

Jock se Baai is stapafstand van Vaya con Dios af en Bettysbaai se hoofstrande is bloot 'n vinnige rit weg. Die Kogelberg Natuurreservaat het sowat 1600 fynbosspesies en gaste kan gerus die Harold Porter Botaniese Tuine besoek wat net af in die straat is. Bettysbaai het verskeie besienswaardighede en doendinge soos staproetes, 'n brilpikkewyn-broeikolonie, geleenthede vir sandplankry, die John the Potter-galery en die Disarivier-waterval.

'n Entjie buite die dorp is die Arabella Gholflandgoed, verskeie wynlandgoedere en restaurante. Die omgewing is geweldig rustig en partytjies kan ongelukkig nie toegelaat word nie.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Frans
  • Duits

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 2 resensies vir Vaya con Dios
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Highlevel-weg 2903, Bettiesbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Gaste dink Vaya con Dios het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 495
per nag (plek vir 10)
Vanaf R2 495
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Highlevel-weg 2903, Bettiesbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZmMWM3MzJiLWJlNmUtNGUzMC05NTk3LTczOTJmZDU3MjRlNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 495  per nag (plek vir 10) 2 5 1 5 2903 Highlevel Road Betty's Bay 7141 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 11:00 -34.355032715395 18.940731271164
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za