Yzerfontein Akkommodasie by Veld View House | LekkeSlaap
+19

Veld View House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Volstruisstraat 50 , Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Veld View House is 'n moderne selfsorghuis teen die bewarea in Yzerfontein en bied onbelemmerde plaas-uitsigte vanaf die voorste dek. Die huis is in die buitewyke van die dorp geleë, maar is steeds naby die 16 Myl-strand, 'n wêreldklas-bakkery, plaaslike brouery, leefstylsentrum en tennisbane.

Veld View House is oopplan en het groot leef- en kuier-areas. Die meubels en dekor is eklekties met warm, aardse kleure.

Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en het 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n gastetoilet en oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die kamers is kompak en gerieflik met muurpapier wat bydra tot 'n knus atmosfeer. Die eerste kamer het 'n dubbelbed en en suite-badkamer met 'n bad, toilet en wasbak. Die tweede en derde kamer het elk 'n dubbelbed. Dié 2 kamers deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n stoof, yskas-vrieskas, ketel, broodrooster en skottelgoedwasser. Die etenstafel het sitplek vir 6. Die leefkamer het 'n platskerm-TV en kaggel, en die leefarea lei na 'n dek met buitemeubels, ingeboude braaigeriewe en sonstoele. Daar is ook 'n ruim, ommuurde agtertuin met 'n ingeboude braai-area.

Slaapplek

’n Bespreking by Veld View House sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Volstruisstraat 50 , Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 900
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 900
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Volstruisstraat 50 , Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa95da22fc7ea7175c394a3d967096a75fba3cc1c6739ddf7849caa32dc04c5b5ad93f63044d56137e3be274e5dbd36b0959a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 900  per nag (plek vir 6) 50 Volstruis Street Yzerfontein 7351 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -33.33822424538 18.166237119518
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za