Knysna Akkommodasie by Vennebos Cottages | LekkeSlaap
+20

Vennebos Cottages

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Porsie 20 of Plaas 187, Rheenendal-weg, Knysna, 6756, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 R810 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Vennebos Cottages bied verblyf in selfsorgkothuise op 'n kleinhoewe wat 8,2 hektaar groot is tussen plase in Rheenendal. Die kleinhoewe het klein woude waardeur mens kan stap en die Goudveld-ingang na Knysna se inheemse woud is slegs 'n paar kilometer weg. Rheenendal is 15 km van Knysna af en die ideale basis vanwaar mens die Tuinroete kan verken.

Die eienaars bly in die hoofhuis op die perseel en verblyf word in die Zen-kothuis gebied. Dit het slaapplek vir 2 gaste en het 'n oopplan-ateljee-uitleg. Die slaapkamer-area het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kothuis het 'n kombuisie met verhit- en eetgeriewe, wat 'n yskas, mikrogolf, elektriese braaipan, ketel, eetgerei en breekware insluit. Daar is 'n etenstafel vir 2 en 'n sitarea. Die kothuis lei na 'n onderdakstoep met 'n tafel en stoele.

'n Volle Engelse ontbyt is op versoek teen 'n ekstra koste beskikbaar en word daagliks by die swembad-area bedien.

Gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad-area met 'n lapa waar mens kan braai, kook, ontspan of speletjies speel.

Die gashere sal seker maak gaste is gemaklik en die verblyf so lekker as moontlik probeer maak. Die gashere woon in die hoofhuis en sal vir meeste van die dag beskikbaar wees indien gaste hulp nodig het.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gimnasium

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Ligging

  • Porsie 20 of Plaas 187, Rheenendal-weg, Knysna, 6756, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R900
Vanaf R810
per nag (plek vir 2)
was R900
Vanaf R810
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Porsie 20 of Plaas 187, Rheenendal-weg, Knysna, 6756, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe48b69473936a6170507af2f104167717cbb03e72699c0bca4b0bcce1a17d4709f28889aa79640a2f22f22c29f03322aec90?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R900, nou Vanaf R810  per nag (plek vir 2) Portion 20 of Farm 187 Rheenendal Road 6756 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -33.971423154804 22.965194284916
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za