Verblyden Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Verblyden Guesthouse is op Verblyden Plaas, ongeveer 3 km oos van die rustige dorpie Standerton in Mpumalanga, geleë. Die warmte en gasvryheid maak van hierdie plekkie die ideale verblyf vir ontspanning. Standerton is naby aan die R39 geleë, net 2 ure se ry vanaf Johannesburg of Pretoria en naby aan die Vaalrivier.

Daar is 5 gerieflik gemeubileerde kamers, elkeen met 'n en suite-badkamer en privaat ingang. Geriewe in elke kamer sluit WiFi-toegang, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n lessenaar, 'n yskas, mikrogolf en 'n TV met DStv in.

Ontbyt, middagetepakkies, braaipakke en aandete is op versoek beskikbaar. Braaigeriewe is beskikbaar.

Grootdraaidam is net 'n kort entjie weg en daar kan gaste heerlik lyn natmaak. Grace Land Casino is ook nie ver weg nie en daar kan 'n mens ander doendinge soos die teater en gholf geniet.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Verblyden Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za