Verblyf-te-Drostdy

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af. Geldig vanaf 29 Jan 2020 tot 28 Feb 2020.

Beskrywing

Verblyf-te-Drostdy is in Panorama, ’n voorstad van Kaapstad, geleë. Die eiendom is slegs 300 m vanaf die Panorama Mediese Sentrum.

Die gastekamer het ’n dubbelbed en oopplan-badkamer met ’n stort. Ander geriewe in die kamer sluit ’n TV, yskas, mikrogolf, broodrooster, tee- en koffiemaakgeriewe, en basiese breekware in. Vars linne en handdoeke word voorsien. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring. Daar is ook gratis WiFi.

Die kamer lei na ’n houtdek met sitplek en ’n uitsig op Tafelberg in die verte. Braaigeriewe is beskikbaar, maar moet vooraf gereël word.

Die hoofhuis bied slaapplek aan 8 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 4 slaapkamers en 4 badkamers waarvan 3 en suite is. Twee van die slaapkamers het koningingrootte-beddens en die ander 2 kamers het dubbelbeddens. Daar is 'n kampkot en 2 matrasse vir kinders op aanvraag beskikbaar. Vars linne en handdoeke word voorsien. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is met 'n yskas, vrieskas, gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, potte, panne, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser. Die leefarea en eetarea het 'n oopplan-uitleg.

Daar is 'n klimraam, 'n trampolien en braaigeriewe buite. Die erf is ruim en het oorgenoeg plek vir kinders om te hardloop en speel.

Daar is veilige parkeerplek in die straat.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Verblyf-te-Drostdy gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 R720 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af. Geldig vanaf 29 Jan 2020 tot 28 Feb 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za