VerWeg Self-catering Apartments

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 17 Jun 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

VerWeg Self-catering Apartments bied selfsorgverblyf in die kusdorpie, Jacobsbaai, sowat 150 m vanaf die see.

Akkommodasie beskik oor 3 eenhede.

Woonstel 1 is 'n oopplan-eenheid op die eerste vloer en word bereik deur trappe. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat omskep kan word in 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. In die leefarea is 'n slaapbank asook 'n TV en 'n DVD-speler. Die kombuisarea is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n oond en stoof, 'n mikrogolfoond en 'n ketel. Op die privaat balkon, wat lieflike see-uitsigte bied, is 'n buite-braai.

Woonstel 2 is op die grondverdieping. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en-suite badkamer met 'n stort en 'n bad. Die leefarea beskik oor 'n slaapbank, TV, DVD-speler en 'n klein kaggel. Soos in Woonstel 1, het die kombuis alle nodige kookgerei en toebehore, maar het slegs 'n tweeplaatstofie. Die privaat patio bied 'n lieflike see-uitsig en het 'n draagbare braai.

Die gastekamer is op die grondverdieping met 'n privaat ingang vanaf die binnehof en is ideaal vir oornaggaste. Die slaaparea beskik oor 'n dubbelbed en 'n en-suite badkamer met 'n stort. Die kombuisie is toegerus yskas en 'n mikrogolfoond. Daar is ook 'n toonbank met 2 stoeltjies. Die kamer het 'n TV kamer. Die binnehof beskik oor 'n buite-braai en -wasbak. Dit word as die leefarea gebruik en gaste kan die see-uitsig geniet.

Daar is 'n hele rits besienswaardighede in die omgewing, soos skilderagtige baaitjies, die Weskus Fossielpark, West Coast Mall, die Saldanhabaai Hawe en vele meer. Doendinge in die omgewing sluit swem, voetslaan, fietsry, visvang, duik, branderry en heerlike etes by plaaslike restaurante in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Kantoorgeriewe

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na VerWeg Self-catering Apartments gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 R765 per nag (plek vir 2)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 17 Jun 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]