Vianto Self-catering Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Vianto Self-Catering Guesthouse bied gerieflike, basiese en bekostigbare selfsorgverblyf. Ons is ideaal geleë in die plattelandse dorpie Lichtenburg se hoofstraat.

Vianto het 6 selfsorg-eenhede, elkeen met slaapplek vir 3 persone. Elke eenheid het linne en handdoeke, asook tee- en koffiemaakgeriewe en het 'n basiese kombuisie met 'n ketel, mikrogolf en yskassie, en is ideaal vir selfsorg. Vir jou gerief is daar waaiers, en handdoeke word voorsien in die badkamers. Daar is 'n TV met sekere kanale. Braaigeriewe en parkeerplek van die straat af agter 'n afstandbeheerde hek is beskikbaar.

Ons is sowat 75 km vanaf Mahikeng (Mmabato) en 80 km van Botswana se grens af. Zeerust en die hoofroete na Namibië is sowat 100 km van ons af. Toeriste kan gerus die landboumuseum en die Ampie Bosman-museum besoek. Die bekende diamantopgrawings by Bakerville is op die pad na Zeerust en Groot Marico is veral bekend vir sy Mampoer-roete. Besoek gerus ook Mahikeng se wildpark en piekniekarea. Lichtenburg se renbaan is net 5 km van ons af. Restaurante en winkelsentrums is stapafstand van ons af en Lichtenburg Hoërskool en CVO-skool is ook naby aan ons. Alle besoekers is welkom om van ons oornagverblyf gebruik te maak.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Geriewe

  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vianto Self-catering Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false