Victoria's Cove

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Victoria's Cove is 'n selfsorgwoonstel met interieur wat 'n strandgevoel weergee. Dit is in die hartjie van Bakoven en bied slaapplek aan 4 volwassenes en 1 kind op die slaapbank in die woonkamer.

Victoria's Cove is op die boonste vloer en daar is net een ander skakelwoonstel onder. Jy sal absoluut tuis voel en jouself kan verloor in die rus en die vrede wat hier heers.

Die hoofslaapkamer het 'n gedeeltelike uitsig oor die see lei na 'n lieflike terras. Dit is toegerus met 'n koninggrootte-bed, platskerm-TV met DStv en 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet. Daar is genoeg kasruimte en 'n ingeboude kluis. Jy kan op die terras sit en kyk na die liggies wat soos 'n halssnoer teen die kus lê.

Die tweede slaapkamer het 2 ekstra lang enkelbeddens en daar is 'n stort, bad en toilet in die tweede badkamer. Die derde kamer het ’n dubbelbed. Die ruim sitkamer/eetkamer het 'n TV met DStv, 'n DVD-speler en 'n skuifdeur na die groot terras met sy verstelbare seildak en see-uitsig.

Dit is ideaal vir skemerkelkies en al fresco-etes. Daar is selfs 'n eetkamertafel met sitplek vir 8 persone en 'n Weber-braai. Die binnenshuise gaskaggel is natuurlik ideaal vir die winter. Die sitkamer en eetkamer is smaakvol ingerig en daar is 'n eetkamerstel met sitplek vir 6 persone. Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en daar is 'n opwaskamer met 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die lieflike berg-uitsigte sal jou betower - van die opwaskamer tot by die slaapkamers.

Ontwaak soggens met 'n asemrowende uitsig oor die see en die rotse aan Bakoven se kus, en geniet jou oggendkoffie op die terras. Onderdakparkeerplek is beskikbaar op die perseel voor die woonstel.

Die woonstel is aan die strand se kant van Victoriastraat en sowat 200 m vanaf die strand. Dis ook net 'n paar huise van Baked Bistro af. Gaste kan gerus 'n draai maak by hierdie bistro vir heerlike ontbyt en ligte middagetes. Die woonstel is net sowat 10 minute se ry van Kaapstad se middestad en die V&A Waterfront af. Victoria's Cove is stapafstand (1 km) vanaf Kampsbaai se bekende strandfront af - hierdie strand is veral bekend vir sy prag en puik restaurante en winkels. Dit is ideaal vir vakansiegangers en sakelui.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Victoria's Cove gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za