Victorian House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Victorian House is sentraal geleë in Tulbagh se historiese Kerstraat. Dié eiendom bestaan uit 4 eenhede wat apart of as geheel gehuur kan word, afhangende van jou behoeftes en beskikbaarheid.

Die hoofhuis het 3 slaapkamers en bied slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer en die tweede slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, broodrooster, ketel en mikrogolfoond. Volledige stelle breekware, eetgerei, glase, potte, panne en ander kombuistoebehore word voorsien. Die gerieflike waskamer langsaan bied bêreplek, voorbereidings- en opwasgeriewe.

Vir 'n stylvolle aand binne, kan gaste op die gemaklike, oorgroot-rusbanke en Koningin Anne-stoele ontspan rondom die klavier en platskerm-TV gerangskik is. Die mahonie-eetkamertafel met sitplek vir 6 is perfek vir 'n formele onthaal. DIe huis het 'n onderdak-veranda in Kerkstraat waar jy jou kan verkyk aan die toeriste en besoekers wat straataf wandel. Die kombuis lei ook na 'n agterste veranda met 'n tafel vir 8 waar jy die uitsigte oor die tuin en swembad kan geniet.

Die Coach-eenheid is 'n luukse, en suite-kothuis met 'n koningingrootte-bed en 'n volledige luukse badkamer, leefarea en kombuisie. Daar is 'n binnehof en 'n tuin buite. As dié eenheid saam met die hoofhuis bespreek word, kan gaste gerus die hooftuin en swembad gebruik. As dié eenheid egter apart bespreek is, kan gaste by die Tulbach Country Guest House oorkant die pad gaan swem.

Die wittebrood-solderkamer is 'n ruim kamer met 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed. Daar is 'n kombuisie, 'n Victoriaanse bad en 'n aparte en suite-stort. Die solderkamer het slaapplek vir 3 gaste.

Die gesinsolderkamer het 2 slaapkamers en bied slaapplek vir 5 gaste sou 'n ekstra bed versoek word. Een van die kamers het 'n koningingrootte-bed en die ander kamer het 2 enkelbeddens.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Victorian House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R920 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za