Victorian Manor

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Victorian Manor is in die klein dorpie, Frankfort, aan die oewer van die Wilgerivier, in die Vrystaat geleë.

Hier in die hartjie van 'n plaasgemeenskap, omring deur mielielande, koringlande, bees- en wildsplase, kan gaste kom ontspan en die gasvryheid van vriendelike plattelandse mense kom ervaar.

Vanaf die R57 / R26, draai regs op die R34, draai links op Beckwithstraat in Frankfort en ry dan aan tot by Olivierstraat.

Ons het 6 luukse Victoriaanse outentiek-gemeubileerde slaapkamers met privaat badkamers. Elke kamer het ook 'n TV met DStv-kanale en koffie- en teegeriewe en gedurende die winter voorsien ons elektriese komberse en verwarmers. Deur die somer is daar 'n elektriese waaier. 2 van ons kamers is apart van die res op die eerste verdieping geleë en is ideaal vir 'n bruidskamer, familiekamer of 'n luukse suite.

Die gastehuis-eienaars woon nie op die perseel nie, so gaste het toegang tot die hele huis. Dit bied 'n luukse wegbreek, maar tog 'n baie huislike atmosfeer. 'n Volledige driegangmaal Engelse ontbyt word soggens in die Victoriaanse ontbytkamer bedien.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Victorian Manor gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 140 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za