Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

View on 42

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mellifera-straat 42P, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R720 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

View on 42 bied gerieflike selfsorgverblyf in Danabaai en is 1 km van die strand af. Die naaste swemstrand is Santosstrand.

Gaste kan tussen die Aloe-selfsorgeenheid of die Protea-kamer en die Fynbos-kamer kies. Elkeen van dié kamers bestan slegs uit 'n slaapkamer en 'n badkamer. Al 3 eenhede kan saam vir groter groepe bespreek word.

Die eenhede het gemaklike koningingrootte-beddens en is apart van die hoofhuis, op die grondverdieping geleë en word met 'n paar trappies bereik. Twee van die eenhede het en suite-badkamers met storte en die Aloe-eenheid het 'n bad en 'n stort. Elke eenheid is smaakvol ingerig en het 'n see-uitsig.

Linne en badhandoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hulle eie strandhanddoeke saambring.

Elke eenheid het 'n mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Die Aloe-eenheid het 'n ten volle toegeruste kombuis. Protea en Fynbos is nie geskik vir braai of kook nie, aangesien daar slegs 'n mikrogolf en ketel met tee en koffie is en nie 'n kombuis nie. Daar is 'n slim-TV en WiFi in elke eenheid.

Gaste het toegang tot die gemeenskaplike tuin wat 'n uitsig oor die oseaan en groenstrook het. Gaste sal bokke en verskeie voëlspesies sien. Dolfyne word gereeld gewaar en walvisse kan tussen Julie en November in die baai gesien word. Let asb. daarop dat die eienaar op die perseel woon. Ongelukkig word geen diere toegelaat.

Danabaai is omring deur fynbos in die hartjie van die Kaapse Blommeryk en is die tuiste van kleinwild wat vrylik rondbeweeg, asook verskeie voëlspesies. Die naaste dorp, Mosselbaai, bied verskeie restaurante en museums en aktiwiteite soos watersport en voetslaanpaaie.

Die bekende St. Blaize-roete van sowat 12 km kan vanaf Danabaai tot by die Punt in Mosselbaai gestap word.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 51 resensies vir View on 42
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Natasha Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 51

Jaar gelys 4

Ligging

  • Mellifera-straat 42P, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
  • Gaste dink View on 42 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R720
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R720
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mellifera-straat 42P, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe573512685dde52f468b3dfe25c3f163969cb40611fb6fbe09a07eabb2d1207558f68e6b03a9131b1b1e1365061128d4ba60?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R720 per nag (plek vir 2) 51 5 1 5 42P Mellifera Street Dana Bay 6510 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -34.202090043589 22.044010245105
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem