View44

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

View44 bied gehalteverblyf in Quellerina in Randburg wat ideaal is vir sakereisigers of oornaggaste. Dis naby Cresta- en Clearwater-winkelsentrums en die Coca Cola Dome. Die ligging is ook maklik van die N1 af bereikbaar.

Gaste kan kies tussen 'n oopplan-woonstel en 'n dubbelkamer.

Die woonstel het 'n dubbelbed, gemakstoel en oorgenoeg pakplek. Daar is ook ruimte vir ekstra matrasse of opslaanbeddens vir addisionele gaste. Koffie- en teemaakgeriewe en koekies word voorsien. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. 'n Mikrogolf is op versoek beskikbaar. Hoewel die eenheid 'n privaat ingang het, beveel ons aan dat gaste van die hoofhuis se ingang gebruik maak.

Die dubbelkamer is in die hoofhuis en het 'n dubbelbed, klerekas en koffie- en teemaakgeriewe. Die kamer bied 'n uitsig oor die palmbome en swembad.

Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike leefarea met 'n pooltafel en veerpyltjiebord.

Daar is ook 'n swembad, gemeenskaplike braaigeriewe en 'n mooi tuin met palmbome.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Kantoorgeriewe
  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na View44 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za