Views Knysna Holiday Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Views Knysna Holiday Apartment is 'n selfsorgwoonstel wat in 'n veilige kompleks 5 minute se ry vanaf Knysna se middedorp geleë is. Gaste kan uitsigte oor die strandmeer en op die Knysna Koppe geniet.

Hierdie woonstel is op die tweede verdieping. Dit is smaakvol versier en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Albei die pragtige badkamers het instapstorte. Die hoofslaapkamer se badkamer is en suite. Gratis toiletware word voorsien vir gaste se gerief.

Die kombuis is ten volle toegerus met al die nodige toebehore, asook 'n wasmasjien-tuimeldroër wat gaste gerus kan gebruik. Daar is 'n platskerm-TV met satelliet-kanale in die sitarea wat toegang bied tot 'n gemeubileerde balkon. Daar is gratis WiFi-toegang deur die woonstel.

Tee- en koffiemaakgeriewe sal met aankoms voorsien word. Die kompleks bied ook gratis parkeerplek op die perseel. Gaste kan gebruik maak van die woonstelblok se eksklusiewe motorhuis as hulle hul voertuig, sleepwa, branderplanke en fietse onder slot en grendel wil hou.

Slaapplek

'n Bespreking by Views Knysna Holiday Apartment sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Kluis

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Internet

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Views Knysna Holiday Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]