Vilacqua Boutique Guest Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Vilacqua Boutique Guest Villa is 'n pragtige wit villa en versteekte oase wat deur voortreflike tuine omring word en 'n kenmerkende oprit bied.

Vilacqua word deur die Bevilacqua-gesin bestuur wat jare se ondervinding in die gasvryheidsbedryf het met onder meer restaurante en hotelle in Engeland en Italië. Loretta Bevilacqua weet hoe om 'n plek op te knap, van dekor tot diens.

Vilacqua Boutique Guest Villa bied verblyf in 5 kamers wat sag en gesofistikeerd gemeubileer is. Goeie koffie, varsgebakte koekies en verpersoonlikte gehaltehanddoeke, japonne en toiletware word voorsien. Verder het elke kamer 'n platskerm-TV, 'n kluis vir 'n skootrekenaar, 'n haardroër en strandhanddoeke.

'n Volledige of gesonde ontbyt word op die boonste vloer op die balkon bedien met besonderse uitsigte oor die Vilacqua-tuine en die glansryke Plettenbergbaai.

Loretta is ook 'n bekwame holistiese gesondheidinstrukteur en bied joga-, Thai Chi- en strekklasse vir die gaste aan. Sy sal ook aanbevelings vir nabygeleë plekke in dié verband kan maak.

Dié luukse en eksklusiewe gaste-villa is loopafstand van die see af en van die wêreldbekende strande is slegs 7 minute weg. Gaste kan ook langs die strand gaan stap of in die warm Indiese Oseaan swem waar robbe en dolfyne dikwels in die branders gewaar kan word.

Kenmerke

  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vilacqua Boutique Guest Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 600 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]