Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Villa 10416 San Lameer

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 20 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Laer Suidkus Hoofpad/R61, San Lameer-landgoed, South Broom, 4277, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 390 R1 112 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Villa 10416 San Lameer is 'n selfsorgvilla op die grondverdieping van die veilige San Lameer-landgoed met 'n uitsig oor die hoof-gholfbaan. Die San Lameer-landgoed is aan die Suidkus van KwaZulu-Natal geleë en hierdie subtropiese paradys met sy diere- en plantlewe en voëls het iets vir die hele gesin. Die 200-hektaar natuurreservaat spog met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan; 'n hotel met 'n spa, restaurant en kroeg en direkte toegang tot die 2 fantastiese Blouvlagstrande. Rooibokke en bosbokke loop gemaklik na die stoep toe en meeste van die tyd verby die villa.

Die villa bied verblyf aan 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. In die lugversorgde slaapkamer is 'n dubbelbed. Die badkamer het 'n ruim stort, 'n toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is volledig vir selfsorg toegerus en het 'n stoof en oond, mikrogolf, 'n yskas-vrieskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Die sitarea het 'n slaapbank waar 2 klein kinders kan slaap, 'n plafonwaaier en 'n TV met volle DStv. Skuifdeure lei na 'n stoep met meubels, 'n ingeboude braai en lieflike uitsigte oor die gholfbaan. Die villa word daagliks skoongemaak.

Daar is 2 groot swembaddens vir gaste se gebruik op die landgoed naby die hotel. Watersportgeriewe, soos kanovaart is by die meer beskikbaar. Tennis- en muurbalbane is op die landgoed en gaste kan die toerusting huur om verskeie sportsoorte te speel. Dit is ongeveer 15 minute se stap of 'n kort ent se ry na die hoofstrand deur die skilderagtige en pragtige landgoed.

Slaapplek

’n Bespreking by Villa 10416 San Lameer sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Kinderbank vir 2
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xKinderbank vir 2

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gimnasium

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Eetkamer
  • Waaier
  • Klein kombuis
  • Sitkamer
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 2 resensies vir Villa 10416 San Lameer
Netheid
3.5/5
Diens
5.0/5
Ligging
3.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Laer Suidkus Hoofpad/R61, San Lameer-landgoed, South Broom, 4277, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Villa 10416 San Lameer het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 390
R1 390 R1 112
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 390
R1 390 R1 112
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Laer Suidkus Hoofpad/R61, San Lameer-landgoed, South Broom, 4277, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA24c3dcee094ea7aeb68a702a06ed26231c4babfd00a36a9251d0936a6133a58d8e88ad2285febe8183030af6018fb808a47c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 390 nouVanaf R1 112 per nag (plek vir 2) 2 5 1 5 Lower South Coast Main Road/R61 San Lameer Estate 4277 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -30.942744551064 30.29224066582