Villa 161

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa 161 is 'n lieflike huis teen 'n berg met 'n groot grasperk en gedeeltelike see-uitsigte in Hermanus. Dié vakansiehuis is 2,3 km vanaf Grottostrand en het slaapplek vir 10 gaste.

Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede kamer het 'n koninggrootte-bed en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Die laaste 2 kamers deel 'n badkamer wat 'n stort het. Al 3 kamers is op die boonste verdieping.

Die vierde kamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die vyfde kamer is vir kinders en het 3 stapelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Hierdie 2 kamers is op die onderste verdieping.

Die sesde kamer het 'n ingang van buite af, 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die huis is smaakvol versier en het 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea met 'n aparte waskamer. Die kombuis is met 'n oond, stoof, yskas, ysmasjien, ketel en broodrooster toegerus. Daar is 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en basiese skoonmaakmiddels in die waskamer.

Die huis bied WiFi, 'n groot privaat tuin, 'n swembad, speletjieskamer met 'n pooltafel, 'n veerpyltjiebord, tafelsokker, kuierareas, binne- en buite braaigeriewe, 'n pizza-oond, vuurput en 2 braai-areas.

Slaapplek

'n Bespreking by Villa 161 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 6 kinders
3 x Kinderstapelbed

Slaapkamer 6 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa 161 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 850 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za