Villa Afriq
- Kapasiteit: 22 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 22 de Beer Straat, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R800 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Villa Afriq bied pragtig ontwerpte ateljee-eenhede, elk met 'n unieke tema. Ons bied luukse, rustige, gasvrye en private akkommodasie en persoonlike aandag. Ons is gerieflik in Lydenburg geleë.
Elk van ons ateljee-eenhede het 'n ten volle toegeruste kombuis, en suite-badkamer en privaat braaiplek en stoep. Ons bied ook DStv en veilige parkeerplek. Smullekker maaltye word op versoek voorgesit. Stylvolle spyseniering vir spesiale geleenthede soos kombuistees, ooievaarstees, verjaarsdagpartytjies en maatskappypartytjies kan ook voorsien word.
'n Swembad en trampolien bied eindelose pret vir die kleintjie terwyl jy kan terugsit en die beeldskone omliggende omgewing kan waardeer.
Ons is die ideale oorstopplek tussen Oliver Tambo Internasionale Lughawe, Hoedspruit, Phalaborwa of die Krugerwildtuin, sentraal geleë in die dorp en ook op die Panorama-roete. Ons is omring deur forelvisplase, wildreservate en pragtige berge. Villa Afriq is ideaal vir 'n naweekwegbreek.
Opsomming van Resensie
Ligging
- 22 de Beer Straat, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
- Gaste dink Villa Afriq het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Lydenburg Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 22 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 22 de Beer Straat, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom