Villa Afrique

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hierdie pragtige 5-ster gastehuis is in Houtbaai geleë - 'n rustige vissersdorpie in die Wes-Kaap. Ville Afrique bied panoramiese uitsigte oor die baai, die besige hawe en die omliggende berge.

Die gastehuis bied ruim, goed toegeruste kamers wat almal see-uitsigte het en beskik oor 'n teeskinkbord, komplimentêre sjerrie, 'n kluis, badjaponne, 'n haardroër en skoon Egiptiese katoenbeddegoed. Die en suite-badkamers het ondervloerse verwarming en verwarmde handdoekstange en aparte storte en Victoriaanse-styl baddens. Daar is 'n veelvoud van aktiwiteite in die omgewing beskikbaar ? van staptoere na die beroemde Chapman se piek, diepseehengel en skubaduik. Vir die meer ontspanne en verfynde gaste is daar wynproe-uitstappies na die nabygeleë Constantia-wingerdplase.

Word wakker met die geur van 'n Kontinentale of Engelse ontbyt wat voorberei word terwyl jy jou voorberei vir 'n dag van avontuurlustige doendinge. Graankosse, vrugteslaai, vrugtesap, tee en koffie word as aptytwekker aangebied. Daarna wag eiers (volgens jou smaak voorberei), spek, sampioene, worsies en tamatie op jou. Daar is 'n paar restaurante naby met die beroemde Mariner's Wharf Side Grill en restaurante met see-uitsigte binne stapafstand.

Sit rustig terug en geniet skemerkelkies van die kroeg of bak in die son langs die soutwaterswembad terwyl jy die uitsigte op die berge en woelige hawe geniet.

'n Vervoerdiens is beskikbaar na die restaurante wat 'n veelvoud van disse ? van seekos tot vleis en pasta ? bied. Een van die gewildste Thai-restaurante in Suid-Afrika is hier geleë. 20 minute se ry sal jou tot by die Kirstenbosch Botaniese Tuine, die Constantia Wynlandgoed en gholfbane neem. Voeg 'n verdere 10 minute daarby vir die middestad en die Kaapstad Internasionale lughawe. Toere na die wynlande en Kaappunt word op versoek gereël.

Die woelig-besige vissersdorp met die hawe en werf naby ons het 'n aantal unieke winkeltjies en behoort verken te word - so ook die visrestaurante en die vis en aartappelskyfie- wegneemplekke. Daar is ook bootritte na die Robbe-eiland, of indien jy diepseehengel verkies, kan huurbote vir jou gereël word.

Die beroemde Chapman's Peak is net bo ons geleë. Dit is een van die wêreld se mees skilderagtige kusroetes. Die vallei anderkant Chapman's Peak, met sy reusagtige eikebome, bied ook 'n aantal stalle wat perderitte aanbied.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Afrique gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za