Villa Aloe
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Aloesingel 40, Onverwacht, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Villa Aloe is in Strand geleë en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of groep vriende. Dis naby verskeie restaurante, winkels en die strand. Dis ook naby die N2, 50 km vanaf die Kaapse middestad, en 30 minute se ry vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe.
Dié huis beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers en het slaapplek vir 6. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Bring asb. jou eie bad- en swemhanddoeke saam.
Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.
Die sitkamer het oorgenoeg gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Daar is ook 'n ingeboude binnebraai en 'n sonkamer.
Daar is ook 'n swembad en Villa Aloe het 'n moderne sekuriteitstelsel met 'n alarm en elektriese heining.
Daar is parkeerplek vir 2 voertuie op die perseel agter die hek, asook 'n buitebraai.
Let wel dat twee ou, vriendelike katte, Borris en Tinkerbell, op die eiendom leef. Gaste word versoek om asb. die katte se kosbakkies daagliks vol te hou en skoon water elke tweede dag te voorsien - kos word voorsien.
Slaapplek
’n Bespreking by Villa Aloe sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Rolstoelvriendelik
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Ligging
- Aloesingel 40, Onverwacht, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Gordonsbaai Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Aloesingel 40, Onverwacht, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom