Villa Arte 4

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 15 % af

Kry 15% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Villa Arte 4 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Jeffreysbaai sowat 300 m van die strand af.

Dié duplekswoonstel het slaapplek vir 4 volwassenes en 1 kind. Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede kamer het 'n tripelstapelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n wasmasjien.

Die kombuis is met 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het sitplek vir 6 mense en die sitkamer het gemaklike banke en 'n platskerm-TV met 'n DStv-koppelpunt.

Die leefarea lei na 'n lieflike stoeparea met 'n buitetafel en 'n ingeboudebraai. Veilige onderdakparkeerplek vir een motor is beskikbaar.

Die kompleks is 1,4 km vanaf Jeffreysbaai se hoofstrand en die bekende waterwurm.

Slaapplek

'n Bespreking by Villa Arte 4 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Tripelstapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Arte 4 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 R723 per nag (plek vir 5)

Kry 15% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za