Villa Augusta

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa Augusta staan op 'n heuwel wat uitkyk oor die pragtige dorpie genaamd Riebeek-Kasteel met die Kasteelberg in die agtergrond. Dit is een van drie dorpies in die Riebeekvallei wat bekend is vir sy heerlike wyn en puik olywe. Ons tuin is goed gevestig en die sitrus- en olyfbome bied 'n hele paar privaat hoekies vir besoekers wat 'n behoefte het aan rus en vrede.

Die opstal het 3 gerieflike slaapkamers en 3 badkamers (1 is en suite), en daar is 2 koningingrootte-beddens in die solder. Daar is altesaam slaapplek vir 10 mense. Die oopplan-kombuis en eetarea is op die onderste vlak. Die area maak oop op die patio, braaiplek en swembad. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n mikrogolfoond, yskas, wasmasjien, skottelgoedwasser wat deur al die gaste gedeel word. Verder is daar gemeenskaplike DStv in die onderste sitkamer en bo is daar nog 'n sitkamer en 'n balkon wat ideaal is vir diegene wat musiek wil luister of wil lees.

Gratis WiFi is beskikbaar en ons nooi gaste uit om heerlik langs die swembad te ontspan saam met hul vriende en familie.

Villa Augusta is gerieflike loopafstand vanaf die middedorp met al sy puik restaurante, wyn-, koffie- en snuisterywinkels. Beleef gerus die heerlike atmosfeer in die dorp as jy bestanddele gaan koop vir jou selfsorg-feesmaal.

Die huis kan in sy geheel of as afsonderlike kamers bespreek word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Augusta gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]