Villa Belmonte

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa Belmonte is 'n woonstel op die eerste verdieping van 'n klein woonstelblok wat na noord front. Dit is sentraal in Claremont geleë, in die hartjie van Kaapstad se lowerryke Suidelike Voorstede. Die woonstel is stapafstand vanaf Cavendish Square, Claremont Life, Life Peninsula Eye en Kingsbury-hospitale, Cape Fertility Clinic, allerlei restaurante en winkels, en die pragtige historiese Arderne-tuine. Kirstenbosch is net 10 minute se ry hiervandaan en jy hoef slegs 20 minute af te lê na die lughawe, middestad, Waterfront of Muizenberg se strand en omgewing.

Villa Belmonte is volledig ingerig en die kombuis is nuut opgeknap en volledig toegerus. Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die ruim slaapkamer het 'n koninggrootte-bed. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, toilet en wasbak. Egiptiese katoenlinne, bad- en strandhanddoeke, en 'n haardroër word voorsien.

Die gerieflike sitkamer het 'n dubbelslaapbank. Die kombuis is volledig toegerus met 'n tweeplaatgasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas, mikrogolf en ander klein toebehore, soos 'n koffiemasjien, broodrooster, eierkoker, voedselverwerker en 'n "stick blender". Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoele. Verder is daar 'n lekker ruim privaat stoep waar gaste kan eet en ontspan.

Veilige onderdakparkeerplek is beskikbaar. Gratis WiFi is beperk tot 3 GB per dag en daar is 'n wasmasjien. 'n Versameling DVD's is beskikbaar wat jy op jou eie toestel kan kyk, asook Netflix, boeke, tydskrifte en speletjies soos skaak, dambord, domino's en speelkaarte.

Slaapplek

'n Bespreking by Villa Belmonte sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Belmonte gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]