Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Villa Beryl Guesthouse

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 34 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoogstraat 169, Vryheid, 3100, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 540 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Villa Beryl is een van Vryheid se oorblywende, klassieke ou Suid-Afrikaanse huise, wat nog sandsteenfondasies, oregon-dennehoutvloere, hoë plafonne en groot stoepe het.

Verblyf word aangebied in 16 kamers wat elkeen beskik oor 'n platskerm-TV, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, DStv, WiFi en lugversorging. 5 van die kamers is toegerus vir selfsorg.

'n Kontinentale ontbyt word bedien en 'n tradisionele Suid-Afrikaanse aandete is beskikbaar op versoek. Die gastehuis bied onderdakparkeerplek en elke kamer het 'n alarm sodat jy en jou besittings veilig kan slaap. Ons het konferensiegeriewe beskikbaar vir 30 afgevaardigdes en enigeen kan die geriewe huur vir 'n troue of matriekafskeidfoto's.

Die Vryheid Hill Natuurreservaat is op die rand van die dorp en bied uitstekende geleenthede vir voëlkyk-entoesiaste in 'n pragtige bewarea. Die reservaat bestaan uit graslande, rotsagtige klowe, woude en bos. Dit is die tuiste van talle voëls, wild en plantspesies.

Baie privaat grondeienaars bied jag- en wildkykgeleenthede met verblyf wat wissel van baie basies tot luuks. Vryheid is 'n gunsteling-bestemming onder talle besighede wat konferensies kombineer met 'n safari-ervaring en daarna sommer een van die natuurlike bronwater-spa's in die omtrek besoek.

Net 2 km suidwes van die dorp, op die Babanango-pad is die Klipfontein-voëlbewarea wat 'n groot vleiland is en 'n veilige toevlugsoord bied vir talle skaars en skaam watervoëls.

Aan die oostekant is daar 2 spesiale natuur- en wild-areas, die Ngome-woud en die Ntendeka Wilderness en Ithala Wildreservaat. Die reservaat is bereikbaar vanaf die dorp met 'n teerpad, en daar is ook 'n landingstrook.

Vryheid is in 1884 gestig toe die Voortrekkers groot dele grond gegee is deur die Zoeloe Koning Dinizulu. Die Voortrekkers het die grond die Nieuwe Republiek gedoop met Vryheid as hoofstad en Lucas Meijer as president. The republiek se parlementgebou, die raadsaal en die tronk het mooi behoue gebly en Lucas Meijer se huis is nou 'n museum.

Villa Beryl is op 1 Maart 2012 geopen, maar die huis is al in 1903 gebou. Gaste wat hier kom kuier sal ons gasvryheid, vriendelike personeel en luukse verblyf terdeë geniet.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Dataprojektor
  • Witborde
  • Internet
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 17 resensies vir Villa Beryl Guesthouse
Netheid
4.7/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Hoogstraat 169, Vryheid, 3100, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Villa Beryl Guesthouse het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Vryheid KwaZulu-Natal
Vanaf
Vanaf R1 540
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 540
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 34 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoogstraat 169, Vryheid, 3100, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDlkMTI3MzJmLTAwNDgtNDI0Yy04NzRlLTc0MTM2NzA3NGE3MA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 540 per nag, vir 2 mense 17 5 1 5 169 Hoog Street Vryheid 3100 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -27.76427 30.79175