Villa Blue

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa Blue is 'n luukse en ruim dubbelverdieping-vakansievilla met selfsorggeriewe en 'n uitsig oor die see wat van Kampsbaai en Bakoven al die pad na Llandudno strek.

Die villa bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers en 5 badkamers. Die toonaangewende hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n inloop-aantrekkamer en 'n en suite-badkamer met 'n bad, aparte stort, ondervloerse verhitting en verhitte handdoekrelings. Dié kamer het ook 'n balkon wat na die see front met dagbeddens. Daar is geriewe soos 'n gaskaggel, persoonlike kluis en 'n TV met 'n DVD-speler in die kamer. Die tweede en derde slaapkamer is op die boonste verdieping. Dié 2 kamers het elkeen 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die vierde en vyfde slaapkamer is op die onderste verdieping. Die vierde kamer het 'n koningingrootte-bed en die vyfde kamer het 'n koninggrootte-bed. Dié kamers het elkeen 'n en suite-badkamer met 'n bad, aparte stort, ondervloerse verhitting en direkte toegang tot 'n terras of binnehof.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met hoë gehaltetoebehore soos 'n ketel, koffiemasjien, koffiemeul, broodrooster, menger, versapper, koeldrankyskas, yskas, diepvrieskas, ysmasjien en skottelgoedwasser. Gehaltekookgerei, breekware, glasware, steelglase en eetgerei vir 10 gaste word ook voorsien. Die aparte waskamer het 'n wasmasjien en tuimeldroër. Die ruim sitkamer en eetarea wat na die see front het 'n soliede houtetenstafel, groot en gemaklike rusbanke, 'n gaskaggel,
'n groot platskermsatelliet-TV met 'n DVD-speler en 'n geïntegreerde klankstelsel.

Die leefarea lei na 'n groot stoep wat om die huis strek met gehaltebuitemeubels, soos 'n tafel vir 6, 4 rietstoele en tafeltjies. Die villa spog ook met 'n pragtige swembaddek met 'n randvloeiswembad.

Slaapplek

'n Bespreking by Villa Blue sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Ondervloerse verhitting

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gimnasium

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Blue gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R32 000 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za