Hartenbos Akkommodasie by Villa Bouillon | LekkeSlaap
+92

Villa Bouillon

  • Kapasiteit: 44 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Magersfonteinlaan 32, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Villa Bouillon is 'n ontwikkeling met 2 dubbelverdieping-eenhede wat spieëlbeelde van mekaar is in Hartenbos, digby Mosselbaai. Elke vloer in die 2 eenhede kan as 2 aparte woonstelle of as 1 groot woonstel vir 'n groter groep bespreek word.

Die Seegans- en Seemeeu-eenhede is op die eerste verdieping en beskik elkeen oor 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Die woonstel het 'n oopplan-kombuisie en -leefkamer en binnenshuise braaigeriewe. Die kombuis het 'n mikrogolfoond, 'n yskas-vrieskas en 'n enkelplaat-induksiestoof. Albei eenhede het hul eie onderdakparkeerplekke.

Let asb. dat daar geen deure in die gang is nie en die eenhede is heeltemal privaat. Dit maak dit meer geskik vir 'n groep wat saam reis.

Die Seekat- en Garnaal-eenheid is op die grondvloer en beskik ook elkeen oor 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Die woonstel het 'n oopplan-kombuisie en -leefkamer en braaigeriewe buite. Die kombuis het 'n mikrogolfoond, 'n yskas-vrieskas en 'n tweeplaat-induksiestoof. Die eenheid het ook 'n privaat tuin beskikbaar. Albei eenhede het hul eie onderdakparkeerplekke.

Die Oester- en Katvis-eenhede is op die grondvloer met 2 slaapkamers in elke woonstel. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Verder is daar 'n bykomende badkamer, 'n kombuis, 'n eetkamer en leefkamer en braaigeriewe buite. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is 'n stapelbed in die sitkamer. Die eenhede het slaapplek vir 6 mense. Die badkamers het elk 'n stort en 'n bad, 'n toilet en 'n wasbak. Die kombuis het 'n mikrogolfoond, 'n yskas-vrieskas en 'n tweeplaat-induksiestoof. Albei eenhede het 'n toesluitmotorhuis.

Die Albatros- en Visarend-eenhede is op die eerste verdieping met 2 slaapkamers in elke woonstel, die 1 met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Verder is daar 'n bykomende badkamer, 'n kombuis, 'n leefkamer, 'n eetkamer en 'n Weber op die balkon met see-uitsigte in die verte. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is 'n stapelbed in 'n privaat hoekie in die eetkamer. Die badkamers het elk 1 stort en 'n bad, 'n toilet en 'n wasbak. Die kombuis het 'n mikrogolfoond, 'n yskas-vrieskas en 'n vierplaatstoof. Albei eenhede het 'n toesluitmotorhuis.

Al die eenhede beskik oor 'n TV met 'n DStv-gastehuispakket. Ons voorsien alle eetgerei, breekware en basiese beddegoed.

Die eenhede is omtrent 300 m van die see af en 500 m van die nuwe waterfrontontwikkeling in Hartenbos af.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 75 resensies vir Villa Bouillon
Netheid
4.7/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Magersfonteinlaan 32, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink Villa Bouillon het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R700
per nag (plek vir 4)
Vanaf R700
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 44 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Magersfonteinlaan 32, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhlMDViNDk1LWJhZjItNDQ3My1iNWRhLTUwNGJlYjIyMWEyYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R700  per nag (plek vir 4) 75 5 1 5 32 Magersfontein Avenue Hartenbos 6520 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -34.131508938238 22.113448083401
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za