Villa C View

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 25 % af

Kry 25% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Villa C View bied selfsorgverblyf met 'n pragtige uitsig oor Knysna, die strandmeer, die Knysnakoppe en die see.

Gaste kan kies tussen 2 eenhede met onderskeidelik slaapplek vir 2 en 4 gaste. Elke ruim woonstel het 'n balkon, 'n koninggrootte-bed en 2 enkelbeddens, asook 'n privaat badkamer met 'n bad en stort.

Die woonstelle het ook elkeen 'n oopplan-kombuis met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, koffie- en teemaakgeriewe en 'n tafel.

Die sitkamer in elke eenheid 'n het TV met DStv en WiFi, en daar is braaigeriewe op die balkonne. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Knysna bied allerlei doendinge soos gholf, hangsweef, valskermspring en abseil. Gaste kan in die Knysnabos gaan stap en vir die Knysnaloerie uitkyk, en tussen Augustus en September is daar walvisse in die baai. Ander besoekpunte sluit die Knysnakoppe, Knysna Olifantpark en Featherbed Natuurreservaat in.

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa C View gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 350 R1 013 per nag (plek vir 2)

Kry 25% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za