Villa Canaan

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa Canaan is 'n selfsorg-wooneenheid in die luukse buurt van Kampsbaai, Kaapstad. Die villa is 2 km vanaf Kampsbaai se strand, restaurante en kroeë.

Dié dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 10 volwassenes en beskik oor 5 slaapkamers en 4 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n TV en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en 'n dubbelspieëlkas. Dié kamer lei 'n beskutte balkon. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die derde slaapkamer het twee enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Dié twee kamers deel 'n badkamer wat 'n stort-oor-bad het.

Die vierde en vyfde slaapkamer is op die grondverdieping en elkeen het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die kombuis is met al die nodige toebehore toegerus om maaltye voor te berei en daar is 'n Nespresso-koffiemasjien. Die kombuis het ook 'n skottelgoedwasser, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Die oopplan-leefarea het 'n eetkamertafel met sitplek vir 12 en die sitarea langsaan het oorgenoeg sitplek en 'n kaggel. Die leefarea lei na 'n stoep wat na die vermaak-area en tuin lei wat spog met 'n swembad, sonstoele, 'n buite-eetarea en 'n ingeboude braai.

Die villa het satelliet-kanale, WiFi, 'n studeerkamer, 'n alarmstelsel en parkeerplek in die oprit.

Slaapplek

'n Bespreking by Villa Canaan sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Canaan gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R7 000 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za