Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Villa Ciesta Guest House

Gastehuis

Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.

Prys sluit in
Twin - Double
Slegs verblyf.
Single-Double Bedroom Suite
Slegs verblyf.
Breekskadedeposito

'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R500 moet direk aan die eiendom betaal word.

Huisreëls

Al die bepalings en voorwaardes soos hieronder uitgespel, word as aanvaar beskou met bevestiging van die bespreking.

Toegangsregte word voorbehou.

'n Minimum van 50% ─ nie terugbetaalbaar nie ─ verseker jou bespreking tensy anders ooreengekom.

Indien jy 15 dae of minder voor jou aankoms bespreek, moet die volle gekwoteerde bedrag (100%) as 'n nie-terugbetaalbare deposito betaal word ten einde die bespreking te verseker.

Die balans (indien van toepassing) + R 500 terugbetaalbare breekskade- en sleuteldeposito moet met aankoms kontant betaal word - (geen kredietkaartfasiliteite beskikbaar nie)

Indien die plek tydens vertrek in 'n onnet toestand gelaat word, behou ons die reg om 'n R250 van die terugbetaalbare breekskadedeposito vir skoonmaakdienste terug te hou (sluit vuil skottelgoed in).

Ons bly nie self op die perseel nie. Om te voorkom dat jy vir ons by die woonstel/kompleks moet wag, skakel ons asseblief omtrent 90 minute voor Port Elizabeth sodat ons jou by die eenheid kan ontvang, om die sleutels aan jou te oorhandig en om die uitstaande balans en terugbetaalbare breekskadedeposito by jou te ontvang.

Gaste is verantwoordelik vir die volgende:

* Skoonmaak van woonstel
* Opmaak van beddens
* Skottelgoed was
* Voorsiening van alle toiletartikels
* Kos en die maak van kos

Daar is geen skottelgoedwasmasjien in die gastehuis nie

Daar mag nie in slaapkamers gerook word nie.

'Wie eerste betaal, word eerste bedien'

Aangesien ons soms gelyktydig aansoeke vir plasing binne dieselfde tydperk ontvang, werk ons op 'n 'eerste betaal, eerste bedien'-basis: Die eerste gas wat vir die verblyf betaal, word geplaas en ons is onder geen verpligting om enige ander verblyf in die woonstel vir dieselfde tydperk te bevestig

BEWONING EN MAKSIMUM BEWONING

Geen ander persone as waarvoor daar ooreengekom is, mag die eenheid deel nie. Indien ons sou agterkom dat daar bykomende persone in die eenheid woon, sal die gas aanspreeklik gehou word om 'n bykomstige R250 - R500 per persoon per nag te betaal, bereken vir die volle tydperk vanaf die oorspronklike inklokdatum tot die dag van vertrek.

Daar moet altyd aan die maksimum bewoning- voorwaardes voldoen word en dit sluit die aantal kinders van alle ouderdomme in

Inkloktye: 12:00 -19:00 (geen plasing na 19:00 nie).

Daar moet vooraf reëlings getref word vir laat aankomste en 'n skriftelike ooreenkoms moet getref word. Ons behou die reg voor om bykomende R200 te hef vir laataankomste tensy daar skriftelik vooraf ooreenkomste getref is vir aankomste later as 19:00.

Vertrek asseblief voor 10:00.

Reëlings moet vooraf skriftelik vir laatvertrek gemaak word en ons behou die reg voor om 'n bykomende R200 vir 'n laat vertrek te hef tensy 'n skriftelike ooreenkoms vooraf getref is om die eenheid later as 10:00 te verlaat.

Alhoewel moeite gedoen is om akkuraatheid van alle inligting te verseker, sal Hyde Park geen verantwoordelikheid aanvaar vir enige foute of weglatings nie en word die reg voorbehou om inligting of beskikbare produkte van die eiendom te wysig.

Kansellasiebeleid
Om alle misverstande uit die weg te ruim: 'n Bespreking is 'n verbindende kontrak. Alle gaste wat 'n bespreking bevestig, word aangeraai om 'n versekering uit te neem om die volle koste van die verblyf te dek ingeval hulle die verblyf moet kanselleer. Ons sal vergoeding vir alle gekanselleerde verblyf opeis, insluitend voortydige vertrek.

Slegs skriftelike en ondertekende kansellasies sal aanvaar word.

Indien jy die bespreking kanselleer of as jy nie opdaag of jy die verblyf nie voltooi nie, sal die volgende stappe geneem word:

Kansellasie 16 dae of vroeër voor die aankomsdatum: gaste verbeur 100% van die deposito

Kansellasie 0 -15 dae voor die aankomsdatum: gaste verbeur 100% van die deposito en die gas(te)is verantwoordelik vir die betaling van die volle besprekingsbedrag soos oorspronklik ooreengekom is.

Indien die verblyftydperk nie voltooi word nie:
In die geval van voortydige vertrek, sal die gas(te) verantwoordelik gehou word vir die betaling van die volle tydperk se bespreking en geen terugbetaling sal gedoen word nie.

Kansellasiebeleid
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Meer as 2 weke voor die inkloktyd 25%van die deposito word terugbetaal
Minder as 2 weke voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Vanaf
R3 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R3 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Anemone-straat 7, Malabar, Gqeberha (Port Elizabeth), 6020, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQ0ODU0MjU4LTUxNTgtNDQzMS05NjJkLTBhMjZiNjkzOTU0OQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 7 Anemone Street Malabar 6020 Oos-Kaap 021 201 8901 12:00-19:00 10:00 -33.924640064446 25.531781315804