Villa Con Gracia

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa Con Gracia Guest House bied sakpasverblyf net 3 km van Carnival City af. Dit is in Dalpark, in Brakpan, geleë en is minder as 30 minute se ry van die OR Tambo Internasionale Lughawe af.

WiFi is beskikbaar regdeur die gastehuis, maar asb. geen oplaai en aflaai nie, aangesien daar 'n beperkte hoeveelheid internet beskikbaar is. Alle kamers het ontbyt ingesluit en beskik oor ontbytgraan, beskuit, jogurt en sap.

Villa Con Gracia bied 4 tipes akkommodasie aan ons gaste.

Die gesinseenheid is 'n ruim, pragtige kamer met 'n sitkamer en 'n volledige badkamer. Die kamers het elkeen hul eie ingang, 'n TV, yskassie, kluisie, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed in die kamer.

Die tweede opsie is 'n sonnige en ruim kamer met 'n volledige badkamer. Dit het 'n privaat ingang, TV, yskassie, DStv, kluisie en koffie- en teemaakgeriewe.

Die derde eenheid beskik oor 2 slaapkamers, elk met koningingrootte-beddens en deel die gebruik van 'n badkamer. Die eenheid het 'n privaat ingang vanaf die balkon. Daar is ook 'n TV, yskas, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die vierde eenheid is ruim en het 'n volledige badkamer. Dit het ook 'n privaat ingang, TV met DStv, yskas, mikrogolfoond, klein kluis en tee- en koffiemaakgeriewe.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Con Gracia gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za