LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Villa d AnRe | LekkeSlaap
+20

Villa d AnRe

Spesiale Aanbod 20% af

Kry 20% af. Geldig vanaf 8 Sep 2020 tot 28 Feb 2021.

  • Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Silverstraat 269, Muckleneuk, Pretoria, 0002, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 R600 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Villa d AnRe is in die boomryke, ou oostelike voorstad Muckleneuk in Pretoria geleë. Die gastehuis bied 'n prentjiemooi uitsig oor die kimlyn van die middedorp en die Uniegebou. Verblyf word in 5 en suite-slaapkamers aangebied en elke kamer het 'n privaat deur wat na die tuin lei.

Kamer 1 het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die kombuisie is met 'n mikrogolfoond, wasbak, yskassie, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die kamer het ook 'n platskerm-TV met sekere kanale.

Kamer 2 het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond, wasbak, yskassie, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei.

Kamer 3 het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond, wasbak, yskassie, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei.

Kamer 4 is groter en het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond, wasbak, yskassie, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei.

Kamer 5 het lugversorging, 'n koninggrootte-hemelbed en 'n oopplan-badkamer met 'n hoekbad, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n yskassie, platskerm-TV, breekware, eetgerei en koffie- en teemaakgeriewe.

Gaste word met komplimentêre beskuit en 'n glasie sjerrie in die kamer verwelkom.

Die gastehuis word deur die eienaar, wat ook die ontbyt maak, bestuur, en die ontbyt word deur flink en vriendelike personeel bedien. Gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad en groot lapa.

Ontbyt is by die tarief ingesluit en word in die tuin, die eetkamer of op die stoep van die kamer bedien. 'n Ontbytspyskaart kan met aankoms met gaste bespreek word.

Parkeerplek is agter 'n gemotoriseerde hek met toegangsbeheer en elektriese heinings beskikbaar. Gaste kry hulle eie afstandbeheer sodat hulle kan kom en gaan soos hulle wil.

Villa d AnRe is ongeveer 250 m van die Zuid-Afrikaans Hospitaal, SABS, SanParke, UNISA se hoofkantoor, UNISA se Groenkloof-kampus, UNISA se Sunnyside-kampus, die landdroshof, Jakaranda Hospitaal en die Life Hospitaal af.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Frans
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 40 resensies vir Villa d AnRe
Netheid
4.6/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Silverstraat 269, Muckleneuk, Pretoria, 0002, Gauteng
  • Gaste dink Villa d AnRe het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R750
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
was R750
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Silverstraat 269, Muckleneuk, Pretoria, 0002, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDM1ZDc1OTZlLThhZjQtNDFiZC05MTEyLTE1MmRkNWNlMGI1OQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R750, nou Vanaf R600  per nag (vir 2 persone) 40 5 1 5 269 Silver Street Muckleneuk 0002 Gauteng 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -25.7623849 28.20778
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!