Villa Delfini

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa Delfini bied slaapplek vir 6 (4 volwassenes en 2 kinders) in 'n veilige kompleks op die strand in Jeffreysbaai.

Dié selfsorgwoonstel het lieflike see-uitsigte en 3 slaapkamers met dubbel- en enkelbeddens. Die twee badkamers word gedeel en een van die badkamers het 'n stort.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolf, en 'n tweeplaatstofie. Daar is 'n woonkamer met 'n TV en DStv (EasyView) Die leefarea maak oop op 'n stoep met braaigeriewe en 'n uitsig oor die oseaan.

Veilige parkeerplek vir een motor word voorsien en 'n skoonmaakdiens is beskikbaar op versoek. Gaste het toegang tot die swembad in die kompleks. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Villa Delfini is loopafstand vanaf verskeie winkels en restaurante en die kompleks bied direkte toegang tot die strand.

Jeffreysbaai spog met heelwat doendinge en besienswaardighede, soos surf, sandplankry, bergfietsry, valskermspring, die African Dawn Wildlife Sancturary en verskeie museums.

Slaapplek

'n Bespreking by Villa Delfini sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 kinders
2 x Kinderbank vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Delfini gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za