Villa Esperanza B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa Esperanza B&B is in Port Owen, net 1 straat van die waterkanale van Port Owen af geleë, en dit bied slaapplek vir 'n gesin van 4 of vir 2 paartjies. Die suite is ook 'n perfekte wegbreek vir 'n paartjie.

Dié privaat suite is op die eerste verdieping van die hoofhuis en word met trappe bereik. Die suite het plafonwaaiers en het 2 slaapkamers wat elk 'n dubbelbed het. Die 2 kamers deel 'n badkamer met 'n stort in die suite. Handdoeke en linne word voorsien. In die klein sitkamer is daar ook 'n driekwart-dagbed wat slaapplek aan 'n enkelpersoon bied.

Die suite het 'n yskassie, 'n mikrogolf en koffie- en teemaakgeriewe. Dit is nie toegerus om maaltye op ’n stoof voor te berei nie, maar kos kan in mikrogolfoond warm gemaak word. Daar is 'n sitkamertjie in die suite met ’n dagbed en 2 stoele en 'n TV met toegang tot Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar. Daar is nie braaigeriewe nie.

'n Heerlike ontbyt is by die tarief per persoon per dag ingesluit.

Rook is verbode in die gebou van Villa Esperanza, maar dit word in die binnehof-sitarea by die ingang toegelaat, waar gaste kan ontspan. Die suite is nie geskik vir kinders onder 8 jaar nie.

Die eienaars besit ’n miniatuur Schnauzer en ’n kat wat in die hoofdeel van die huis bly. Hulle het egter nie toegang tot die gaste in die suite nie.

Gaste het hulle eie oprit met parkeerplek op die perseel.

Villa Esperanza is 16 km vanaf Dwarskersbos, 26 km vanaf Weskus Mall en 39 km vanaf Langebaan en Paternoster. Velddrif het verskeie stap- en voetslaanroetes, winkels en restaurante.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Esperanza B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za