Villa Exec Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa Exec Guesthouse is geleë in Ellisras in die pragtige Waterberg-omgewing. Ons gerieflike, bekostigbare, privaat kamers met en suite-badkamers is geskik vir sakereisigers en vakansiegangers. Die gastehuis is sentraal geleë, naby aan skole, winkelsentrums, Madupi-kragstasie en ander besighede.

Elke kamer is toegerus met 'n yskassie, koffie- en teemaakgeriewe, linne, handdoeke, onbeperkte WiFi, waaiers en 4 van die kamers het lugversorging en platskerm-TV's met DStv.

Villa Exec Guesthouse het 'n snoesige eetarea waar heerlike tuisgemaakte aandete en ontbyt bedien word. Daar is ook 'n swembad en privaat kuierplekke buite. 'n Wasgoeddiens, gesuiwerde drinkwater en veilige parkeerplek is beskikbaar. Die gastehuis is in 'n veilige, rustige omgewing geleë.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Exec Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 160 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za