Kampsbaai Akkommodasie by Villa Galazzio | LekkeSlaap
+23

Villa Galazzio

Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Geneva-rylaan 34, Kampsbaai, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R20 000 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

Villa Galazzio is 'n selfsorg-villa met see-uitsigte in Kampsbaai en is na aan die strand. Kampsbaai is 'n gewilde toeristebestemming vir beide plaaslike én internasionale besoekers en spog met lang palmboom-belynde strande, restaurante, moderne kafees en nagklubs wat veral in die somermaande toeriste lok. Ander besienswaardighede sluit stap- en voetslaanroetes, valskermseil en ander doendinge in.

Dié villa het slaapplek vir 12 gaste en het 6 slaapkamers, 6 badkamers, 'n moderne kombuis en ruim leefareas. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, 'n stort, 'n toilet en 'n wasbak. Dié kamer het ook 'n Jacuzzi. Die tweede, derde en vierde slaapkamers het elkeen 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die vyfde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer en die sesde slaapkamer het 'n stapelbed. Elke kamer het ook 'n platskerm-TV.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en eetgerei en breekware. Daar is ook 'n espresso-masjien met sy eie waterfilters. Die eetarea het sitplek vir 10 en die leefarea het 'n gemaklike sitkamerstel, 'n gaskaggel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Drie groot baaideure lei na 'n marmerdek wat 'n wonderlike ruimte bied om te kook en maaltye te geniet. Die kuierarea buite het 'n soliede-houttafel met gemakstoele en braaigeriewe. Jy kan kies tussen gasbraai- en tradisionele houtbraaigeriewe. Gaste kan op ons gemaklike sonstoele in die son lê en die verhitte swembad en Jacuzzi geniet. Snags kan gaste in ons "silver nano"-souwaterswembad ontspan wat deur elektrisiteit verhit word - dis veral ideaal op warm someraande na 'n lang dag op die strand. Daar is kelderparkeerplek vir 2 voertuie.

Kenmerke

Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • Geneva-rylaan 34, Kampsbaai, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R20 000
per nag (plek vir 12)
Vanaf R20 000
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Geneva-rylaan 34, Kampsbaai, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDMwZmNjZmQzLWFmNzktNGUwMy1iNWY3LTM5NjY5OWMwNTExNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R20 000  per nag (plek vir 12) 34 Geneva Drive Camps Bay 8000 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-16:00 10:00 -33.95358 18.38184
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za