Villa Jaime

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa Jaime is in Ballito aan KwaZulu-Natal se ongerepte Dolfynkus geleë. Plaaslike inwoners verwys na hierdie omgewing as "die natuur se speelplek" en dié instansie beskik oor verskeie selfsorg-eenhede. Dit spog met 180º-see-uitsigte en skuil in 'n welige subtropiese paradys. Ons selfsorg-eenhede is net 300 m van die strand af - sowat 5 minute se stap.

Ons bied bekostigbare, privaat eenhede. Elke eenheid het 'n see- of 'n tuinuitsig, sluit privaat ingange, veilige skadu-parkeerplek op die perseel in en is volledig toegerus met selfsorg-geriewe. Ons bied ook geriewe soos 'n wasgoeddiens, 'n lughawe-pendeldiens, DStv (hotelpakket), WiFi en mediese bystand. Aangesien daar heelwat trappe is, is dit nie geskik vir ouer garde of mense met fisiese gestremdhede nie. Ons is ongelukkig ook nie troeteldiervriendelik nie.

Villa Jaime is stapafstand vanaf die strande, restaurante, kroeë, nagklubs en winkelsentrums, en ook net 15 minute vanaf die King Shaka Internasionale Lughawe. Vir die gholf-entoesiaste is ons net 'n entjie se ry vanaf die Zimbali, Prince's Grant, Umhlali, Mount Edgecombe en ander gholfbane in die omgewing.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Portugees
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Jaime gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R695 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]