Villa Jondé

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 30 % af

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 19 Sep 2019 tot 31 Jan 2020.

Beskrywing

Villa Jondé is in 'n privaat ontwikkeling in Van Dyksbaai, Gansbaai geleë.

Die eenheid het 2 slaapkamers, een met 2 enkelbeddens en die ander met 'n dubbelhemelbed. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet, en daar is ook 'n aparte gaste-toilet en wasbak. Daar is ook 'n ingeboude stapelbed.

Die oopplan-leefarea se kombuis het 'n dubbeldeur-yskas-vrieskas, mikrogolf, stofie, oond, eetgerei en breekware. Daar is 'n tafel in die eetarea met sitplek vir 6/8 gaste. Die leefarea lei na 'n binnebraaiarea met DStv Premium en gerieflike sitplek. Ons het 'n gratis was- en strykdiens as gaste vir langer as 5 dae bly. Daar is 'n ysmaker vir die warm dae, gratis WiFi en vuurmaakhout vir die eerste
vuur is gratis.

Villa Jondé is lekker naby Franskraalstrand, die African Penguin and Seabird Sanctuary en Shark Boat Harbour. Gaste kan lekker see toe stap en die kuspaadjie verken.

Die eenheid is 100 m² groot, baie spasie. Daar is 'n houtdek aan die seekant met braaigeriewe en ’n tafel met bankies en ’n sonsambreel.

Ons is baie veiligheidsbewus en het alarms en laserstraal-sekuriteit op die eiendom.

Doendinge kan op versoek namens gaste gereël word.

Die eenheid word as 'n geheel bespreek en nie vir 2 verskillende groepe nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Villa Jondé sluit in:

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 2 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Jondé gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 430 R1 001 per nag (vir 6 mense)

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 19 Sep 2019 tot 31 Jan 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za