Villa La Mercy Guest Suite and Chalet

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa La Mercy Guest Suite and Chalet is net 1, 8 km van La Mercy se strand af geleë. Zen vermeng met industriële ontwerp by hierdie boetiek-gastesuites op 'n residensiële perseel waar die eienaars ook woon.

Verblyf is beskikbaar in 2 selfsorg-eenhede, die Villa Mercy Gastesuite en die Villa Mercy Chalet. Die gastesuite het 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n sitarea en 'n volledige kombuis. Die kombuis is met 'n stoof, oond en 'n yskas toegerus. Skuifdeure bied toegang tot die privaat patio in die tuin. Hier kan gaste onder die groot vyebome in die skadu sit en oor die oop vuur braai. Die ateljeewoonstel het 'n TV en gratis WiFi.

Villa La Mercy Chalet is 'n oopplan-ateljeewoonstel met 'n koninggrootte-bed, 'n oop stort in die slaapkamer en 'n toilet. Die chalet het ook 'n kombuisie, eetarea en 'n sitarea.

Die swembad kan deur gaste gebruik word indien dit vooraf gereël word, veral as gaste vir 'n lang tyd hier bly. Die gastesuite is heeltemal privaat en het sy eie ingang en parkeerplek. Die parkeeplek is agter hekke met toegangsbeheer en reg langs die suite sodat gaste maklik by hul motor kan uitkom. Gaste kan kom en gaan soos hulle wil sonder dat dit met enigiemand anders wat op die perseel woon inmeng. As jy egter hulp benodig, is daar altyd iemand in die omtrek. Let asb. dat daar katte op die perseel is ingeval dit probleme met allergiese reaksies kan veroorsaak.

Beach Bums Restaurant is net 10 minute se ry ver, of gaste kan fynproewersetes by Umdloti se restaurante of 'n Indiese kerriedis by Seabelle Restarant net 6 minute se ry ver geniet. Vir gaste met 'n meer aktiewe leefstyl is daar 'n hele rits doendinge waaronder branderplankry, vlieërbranderry op die strandmeer, hengel of bergfietsry. King Shaka Internasionale Lughawe is net 15 minute se ry ver.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa La Mercy Guest Suite And Chalet gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 320 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za