Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Villa La Mercy Guest Suite and Chalet

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Twilight-laan 11, La Mercy, 4405, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Villa La Mercy Guest Suite and Chalet is net 1, 8 km van La Mercy se strand af geleë. Zen vermeng met industriële ontwerp by hierdie boetiek-gastesuites op 'n residensiële perseel waar die eienaars ook woon. Dit is die ideale blyplek vir iemand wat vir besigheid reis.

Verblyf is beskikbaar in 3 selfsorg-eenhede, die Villa Mercy Guest Suite, die Villa Mercy Chalet en die Villa La Mercy Maisonette. Villa Mercy Guest Suite het 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n sitarea en 'n volledige kombuis. Die kombuis is met 'n stoof, oond en 'n yskas toegerus. Skuifdeure bied toegang tot die privaat patio in die tuin. Hier kan gaste onder die groot vyebome in die skadu sit en oor die oop vuur braai. Die ateljeewoonstel het 'n TV en gratis WiFi.

Villa La Mercy Chalet is 'n oopplan-ateljeewoonstel met 'n koninggrootte-bed, 'n oop stort in die slaapkamer en 'n toilet. Die chalet het ook 'n kombuisie, eetarea en 'n sitarea.

Villa La Mercy Maisonette het 'n koninggrootte-bed en 'n badkamer het 'n toilet, stort en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, ketel, breekware en eetgerei toegerus.

Die swembad kan deur gaste gebruik word indien dit vooraf gereël word, veral as gaste vir 'n lang tyd hier bly. Die gastesuite is heeltemal privaat en het sy eie ingang en parkeerplek. Die parkeeplek is agter hekke met toegangsbeheer en reg langs die suite sodat gaste maklik by hul motor kan uitkom. Gaste kan kom en gaan soos hulle wil sonder dat dit met enigiemand anders wat op die perseel woon inmeng. As jy egter hulp benodig, is daar altyd iemand in die omtrek. Let asb. dat daar katte op die perseel is ingeval dit probleme met allergiese reaksies kan veroorsaak.

Beach Bums Restaurant is net 10 minute se ry ver, of gaste kan fynproewersetes by Umdloti se restaurante of 'n Indiese kerriedis by Seabelle Restarant net 6 minute se ry ver geniet. Vir gaste met 'n meer aktiewe leefstyl is daar 'n hele rits doendinge waaronder branderplankry, vlieërbranderry op die strandmeer, hengel of bergfietsry. King Shaka Internasionale Lughawe is net 15 minute se ry ver.

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Villa La Mercy Guest Suite and Chalet
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Twilight-laan 11, La Mercy, 4405, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Villa La Mercy Guest Suite and Chalet het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Twilight-laan 11, La Mercy, 4405, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf67a92521038173a5a93283d8226c8e8d088e6ca490af9607a3cb8d1be32131fbb4732d3f368264b48534e1fa2f69f07990e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 11 Twilight Avenue La Mercy 4405 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -29.642318243265 31.128400862217