Wildernis Akkommodasie by Villa Lolla B | LekkeSlaap
+11

Villa Lolla B

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Heights-weg 216, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Villa Lolla B is 'n selfsorg-eenheid op die grondvloer. Dis naby die strand in Wildernis geleë. Die eenheid het 'n see-uitsig van die stoep af en daar is ook 'n swaaistoel. Dis ook naby restaurante en die strandmeer.

Die eenheid beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die hoofslaapkamer het ook 'n uittrekbank vir 2 klein kinders. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Elke slaapkamer het ondervloerse verhitting vir die wintermaande. Die kombuis is goed toegerus met 'n mikrogolfoond, gasstoof, yskas, skottelgoedwasser, wasmasjien en ander toebehore.

Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste en die sitkamer langsaan het 'n Smart TV met Netflix. Die leefarea bied toegang tot 'n stoep met draagbare braaigeriewe.

Slaapplek

’n Bespreking by Villa Lolla B sluit in:

Koningingrootte-bed Dubbelslaapbank
Slaapkamer 1
Plek vir 4 persone
1 xKoningingrootte-bed
1 xDubbelslaapbank
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 2 resensies vir Villa Lolla B
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Heights-weg 216, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Gaste dink Villa Lolla B het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R800
per nag (plek vir 4)
Vanaf R800
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Heights-weg 216, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAPcyLzVaoxN9aaJbVfeiIGAF2Ow0YRzLTB9EJkHxJYW26nhHZT9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (plek vir 4) 2 5 1 5 216 Heights Road Wilderness 6560 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.99252 22.57452
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za