Villa Misty Cliffs

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa Misty Cliffs is 'n keurige villa wat reg teen die strand by Misty Cliffs geleë is. Dit is 'n baie luukse ontwerper-huis met asemrowende, onbelemmerde uitsigte oor die see. Misty Cliffs is 'n eksklusiewe bewaringsdorpie naby Scarborough en dit is in 'n unieke enklawe van die Tafelberg Nasionale Park versteek.

Die villa bied slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers. Twee van die slaapkamers kyk oor die see uit en die hoofslaapkamer het toegang tot 'n balkon op die boonste vloer. Die kamer op die onderste vloer lei na die swembad- en Jacuzzi-area. Albei dié moderne kamers spog met pragtige see-uitsigte. Die derde kamer beskik oor 'n koninggrootte-bed en 2 stapelbeddens vir die jongspan. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer.

Die oopplan-leefarea bestaan uit 'n pragtige sitkamer, eetarea en kombuis en dit lei na 2 terrasse. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en mikrogolfoond. In die vermaakarea is daar 'n TV en rusbanke waar gaste lekker kan ontspan en dit lei na die swembad- en Jacuzzi-area.

Hierdie stylvolle villa is etlike meters van die Atlantiese Oseaan af en bied rustige vakansieverblyf in 'n asemrowende omgewing. Die villa is die perfekte plek vanwaar jy die pragtige sonsondergang kan geniet of kan kyk hoe die walvisse vrolik in die baai baljaar. Die ontwerp van die villa beklemtoon die asemrowende uitsigte.

Slaapplek

'n Bespreking by Villa Misty Cliffs sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 4 persone
1 x Koninggrootte-bed
1 x Dubbelstapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Misty Cliffs gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 800 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za