Villa Mosaiko B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa Mosaiko B & B is geleë in die rustige dorp Kathu in die Noordkaap. Dit was `n droom wat waar geword het vir die eienaar, Petro Swanepoel, toe sy haar eerste gaste in April 2014 ontvang het. Na `n loopbaan in die verpleegkunde in Pretoria en later onderwys in die Noordwes provinsie het sy besluit om weer `n loopbaanskuif te maak toe haar eggenoot `n betrekking as ingenieur in Kathu aanvaar het.

Ses splinternuwe luukse en suite-kamers is beskikbaar en elke kamer beskik oor 'n koninggrootte-bed, lugreëling, kroegyskas en DStv. Ontbyt word bedien in 'n gemeenskaplike ontbytvertrek. Na `n lang reis of besige werksdag kan gaste ontspan in 'n tuintjie waar braaifasiliteite beskikbaar is. Veilige parkering.

Gereëlde gaste sluit in:
* Besigheidsmense op besoek aan die yster - of mangaanmyne in die omgewing.
* Gholfspelers op besoek aan die uitsonderlike gholfbaan.
* Jagters op pad na hul bestemmings in die Kalahari of Namibië.
* Toeriste op pad na bestemmings in die Kalahari, die Augrabiese watervalle en die Weskus of Namibië.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Mosaiko B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 250 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false