Shelly Beach Akkommodasie by Villa Moya 39 | LekkeSlaap
+11

Villa Moya 39

4 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Villa Moya 39, Somersweg 775, Shelly Beach, 4240, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R500 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Villa Moya 39 is ’n selfsorgwoonstel in die bekende en veilige Villa Moya-kompleks in Shelly Beach en is 150 m van die strand af en 2 km van die Shelly Mall en South Coast Mall af.

Dié woonstel het 1 slaapkamer met ’n dubbelbed. Die badkamer het ’n stort, wasbak en toilet. Die oopplan-kombuis is met ’n yskas, mikrogolfoond, stoof, oond, tee- en koffiemaakgeriewe en ’n wasmasjien toegerus.

Daar is ’n sitkamer wat lei na ’n balkon met 'n see-uitsig en in die sitkamerarea is daar ’n slaapbank en ’n TV met ’n OpenView-dekodeerder. Die eenheid is ideaal vir paartjies wat op soek is na ’n strandvakansie aangesien die strand stapafstand van die eenheid af is.

Die kompleks het 24 uur-sekuriteit en ’n pragtige gemeenskaplike swembad in die middel van die kompleks en daar is ’n braai-area wat grens aan die swembad. Veilige kelderparkeerplek is beskikbaar vir 1 voertuig.

Shelly Beach, Southcoast Mall, Shelly Centre en die Pure Venom Reptile Park is 3 km vanaf die kompleks. Die Uvongo Flea Market is net 4 km van die perseel af en Uvongo-strand is net 5 km vanaf die kompleks.

Slaapplek

’n Bespreking by Villa Moya 39 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelslaapbank
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

3.5 uit 5van 4 resensies vir Villa Moya 39
Netheid
2.8/5
Diens
3.5/5
Ligging
3.5/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
3.5/5

Ligging

  • Villa Moya 39, Somersweg 775, Shelly Beach, 4240, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Villa Moya 39 het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R500
per nag (plek vir 3)
Vanaf R500
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Villa Moya 39, Somersweg 775, Shelly Beach, 4240, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAoaGVWSZPdALzMMtx4xgDVrhh89Jigib86yzmdBmNSRf0FFaxRy?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R500  per nag (plek vir 3) 4 5 1 4 39 Villa Moya 775 Somers Road 4240 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.795379182565 30.416222472086
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za