Villa Palazzo

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa Palazzo beskik oor 2 gerieflike semi-selfsorgeenhede op die eienaar se perseel en bied oornagverblyf in die sonderlinge dorpie, Bredasdorp. Die huis is sentraal naby winkelsentrums, hospitale en restaurante geleë.

Die slaapkamers bied slaapplek vir 4 gaste in 2 smaakvol versierde kamers aan. Die eerste kamer het ’n dubbelbed en ’n en suite-badkamer met ’n bad en handstort. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en ’n en suite badkamer met ’n stort. Elke kamer het 'n klein verversingsarea met ’n yskassie, mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe. Albei kamers beskik oor TV's met DStv, klerekaste en toegang deur buitedeure na ’n privaat tuin met 'n fonteintjie. Sluit gratis WiFi in.

Die huis kan as 'n geheel met slaapplek vir 6 gaste bespreek word en sal dan oor 3 en suite-slaapkamers, 'n sitkamer en 'n ten volle toegeruste kombuis beskik.

Die gemeenskaplike braaigeriewe en swembad mag gebruik word indien dit vooraf gereël word. Die eienaars wil graag voorsiening maak vir hout en, indien nodig, die swembad met 'n net toemaak.

Daar is verskeie besienswaardighede in die omgewing, soos die Heuningberg Natuurreservaat, Agulhas Nasionale Park, De Hoop Natuurreservaat en Bedrasdorp Skeepswrak Museum, sowel as doendinge soos voetslaan, perdry, wynproe en fietsry.

Ry 28 km deur Struisbaai na Agulhas waar die mees suidelike punt van Afrika is. Die vakansiebestemming met 2 amptelike name, Waenhuiskrans en Arniston, is slegs 25 km vanaf Bredasdorp.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Palazzo gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za