Villa Palmeira Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 15 % af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 29 Mei 2019 tot 28 Jul 2019.

Beskrywing

Villa Palmeira is 'n luukse gastehuis met 11 kamers in Bela-Bela (Warmbad), net 45 minute se ry van Pretoria af.

Hierdie ongelooflike grasdakhuis is uiters stylvol, skoon, ontspanne en professioneel, maar ook baie huislik. Ons is ongelukkig nie geskik vir partytjies of vierings nie en aanvaar nie groepbesprekings nie.

Een van die kamers is 'n wittebrood-suite en ons het enkel- of gedeelde akkommodasie vir tot 24 gaste. Elke kamer het DStv, lugversorging, koffie- en teemaakgeriewe, 'n yskassie op versoek en word skoongemaak. Al die kamers het en suite-badkamers. Van die badkamers het baddens en die ander het storte.

Die konferensiesaal het plek vir tot 30 afgevaardigdes, is uiters stylvol en toegerus met die volgende geriewe: skerm, lugversorging, TV, DVD-speler, videospeler, blaaibord en 'n projektor. Pen en papier is ingesluit by ons konferensietariewe. Villa Palmeira Guesthouse is ideaal vir daardie wegbreek wat jy in gedagte gehad het. Gholfpakkette na 5 van die puik gholfbane in die omgewing is beskikbaar en ons doen ook spanbou-oefeninge en -uitstappies.

Ons het 'n pragtige, ruim eetkamer wat lei na 'n houtdek by die swembad-area. Daar is ook 'n lapa, braaiplek en 'n kroeg-area buite. Die geriewe is ideaal vir 'n gewone braai, 'n spitbraai of 'n potjie en 'n lekker kuier.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Blaaibord
  •  Rekenaar Netwerklewering
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Palmeira Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R830 R706 per nag (vir 2 mense)

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 29 Mei 2019 tot 28 Jul 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]