Villa Palmera

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 50 % af

Bly 2 nagte en betaal slegs vir 1 vir verblyf wat 2 nagte of langer is. Geldig vanaf 19 Jul 2019 tot 1 Aug 2019.

Beskrywing

Villa Palmera is die perfekte plek om lekker te ontspan. Dié pragtige villa is in 1904 gebou en in Linkside, Mosselbaai geleë. Dis ideaal vir oornag- of vakansieverblyf en 'n goeie basis vir gaste wat Mosselbaai, George, Plettenbergbaai en Knysna wil verken.

Villa Palmera bied selfsorgverblyf in 2 kothuise: die Olyfboom-kothuis en die Lemoenboom-kothuis, asook 'n derde kamer, die Tuinkamer. Dié kothuise is in natuurlike, aardse kleure getooi. Gemaklike kussings en dekor wat met die hand uitgesoek is, sorg vir 'n warm, hartlike atmosfeer.

Elke kothuis het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n slaaparea, 'n badkamer en 'n kombuisie. Die slaaparea het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuisie is toegerus met 'n tweeplaatstoof en oondjie, 'n yskassie, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware. Gratis WiFi en DStv is beskikbaar.

Gaste kan gerus in die swembad afkoel, in die hangmat ontspan, lekker braai binne of buite in die lapa kuier. Hiér sal jy regtig tuis voel!

Dis net 20 minute se ry vanaf George Lughawe en lughawependeldienste kan gereël word.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  DVD-speler
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Palmera gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R590 R295 per nag (plek vir 2)

Bly 2 nagte en betaal slegs vir 1 vir verblyf wat 2 nagte of langer is. Geldig vanaf 19 Jul 2019 tot 1 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]