Villa Paradiso Self-catering Holiday Home

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa Paradiso Self-catering Holiday Home is 'n ruim villa met slaapplek vir tot 11 gaste in Paradise Beach, Langebaan.

Dié dubbelverdieping-villa beskik oor 4 slaapkamers en 4 badkamers. Drie van die slaapkamers is op die eerste verdieping en die vierde slaapkamer is in die binnehof. Let asb. op dat die vierde slaapkamer slegs oop is vir 'n bespreking van meer as 8 mense.

Die hoofslaapkamer kyk uit oor die see en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede kamper het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n stapelbed. Die 2 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort. Daar is 'n derde badkamer op die onderste verdieping met 'n stort. Die kamer in die binnehof het 'n dubbelbed, driekwartbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis het 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe en maaltye kan rondom die eetkamertafel geniet word. Die sitkamer het 'n TV met DStv en bied toegang tot 'n patio.

Die gemeubileerde patio kyk uit oor die see en het 'n ingeboude braai-area en pizza-oond. Gaste kan ontspan in die binnehof. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Die perseel is 400 m vanaf die strand en Mykonos Casino, 1,7 km vanaf Laguna Mall en slegs 90 minute vanaf Kaapstad. Die Villa is ideaal vir gesinne, groepe vriende of 'n spesiale, romantiese wegbreek.

Langebaan bied verskeie doendinge in die area soos, vlieërplankry, seilplankry, seil, kajakvaart, visvang, gholfpseel, bergfiets- en voetslaanroetes, perdry en meer. Gedurende Augustus en Oktober kan besoekers die velde sien bot met blomme. Gedurende winter kan die suidelike noordkaperwalvis ook gewaar word.

Slaapplek

'n Bespreking by Villa Paradiso Self-catering Holiday Home sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
2 x Slaapsaalbed

Slaapkamer 4 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Paradiso Self-catering Holiday Home gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 470 per nag (vir 11 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za