Villa Riviera Waterfront Woonstel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa Riviera Waterfront Woonstel is 'n tweeslaapkamerwoonstel op die Hartenbosstrandmeer.

Dié woonstel is gerieflik ingerig vir 6 gaste. Die slaapkamers is op die boonste verdieping geleë en maak van 2 badkamers gebruik. Een van die kamers het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. 'n Slaapbank is in die sitkamer beskikbaar vir 2 ekstra gaste.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, skottelgoedwasser en tee- en koffiemaakgeriewe. Etes kan by die etenstafel geniet word en gaste kan in die sitkamer ontspan wat met 'n slaapbank, 'n TV met DStv en 'n DVD-speler ingerig is.

Die leefarea lei na 'n stoep met 'n gasbraaier en dit bied 'n uitsig oor die strandmeer en grasperk. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Villa Riviera Waterfront Woonstel is net 700 m se stap van die strand en Amfiteater af, en dit is 1 km vanaf verskeie restaurante en winkels. Hartenbos bied verskeie besienswaardighede, soos die ATKV-Hartenbosmuseum van die Groot Trek, die ATKV-oord, en nog meer.

Slaapplek

'n Bespreking by Villa Riviera Waterfront Woonstel sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Riviera Waterfront Woonstel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]