Komatipoort Akkommodasie by Villa Royal Palm Guest House & Self-Catering | LekkeSlaap
+30

Villa Royal Palm Guest House & Self-Catering

1 resensie
Gastehuis
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Grysbokstraat 1, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Villa Royal Palm Guest House & Self-Catering word hoogs aanbeveel deur die AA en is in Komatipoort in Mpumalanga geleë. Dit is perfek vir gaste wat op soek is na gemaklike verblyf met 'n rustige ligging, maar steeds naby die aksie en die Krugerwildtuin.

Akkommodasie by Villa Royal Palm bestaan uit 2 gesinskamers en 4 dubbelkamers met kombuisies wat vir selfsorg gebruik kan word. Die kamer is toegerus met koningingrootte-beddens en 'n en suite-badkamer met 'n aparte bad en stort met wasbak en toilet, behalwe die 5de dubbelkamer wat 'n aparte badkamer het. Geriewe ingesluit by albei kamer-opsies is: WiFi, lugversorging, 'n waaier, mikrogolf, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe.

Gaste kan smul aan 'n lekker kontinentale ontbyt in die eetkamer by Villa-Candelabra wat net 'n kort entjie weg is, of 'n a la carte-aandete en middagetepakkie wat op versoek gereël kan word. Daar is 'n swembad vir warm somersdae en konferensiegeriewe vir sakereisigers wat voorsiening maak vir tot 40 afgevaardigdes. Braaigeriewe en die veilige parkeerplek is ook op die perseel beskikbaar.

Opsomming van Resensie

3.6 uit 5van 1 resensie vir Villa Royal Palm Guest House & Self-Catering
Netheid
4.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
2.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
3.0/5

Ligging

  • Grysbokstraat 1, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Grysbokstraat 1, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhjZmE4NjVhLTNiYWItNGJmOC05NjQyLTMxOWIyODMzNTRmNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R950  per nag (plek vir 2) 1 5 1 4 1 Grysbok Street Komatipoort 1340 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -25.4306579 31.960392
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za